Poem: Nooit weer

Written in Afrikaans

“Nooit weer”

My bont strepe het hul kleure veloor
Jou glimlag het my siel vermoor
Ek’s n siek tier,
Sonder lis vir liefde of avontuur.

My ore le pap, sonder lewe
Jou liefde was die sout waarna my tong strewe
maar jou liefde my gebrand toe jy vashou.
Ek was rou vir jou
ek’s n siek, siek tier.

Jy maak seer.
Hou maar jou drukkies en tjoklits vir jouself.
Jy maak hierdie siek tier, seer.
Ek was eens sterk, liefdevol en sonder vrees
Nou le Ek hier
Halfdood,
Bewe.

Ek le hier,lek aan vars wonde
Bloei pikswart haat.
Ek droom van die dae: “nooit weer”,

Nooit weer kry Ek seer.

3 thoughts on “Poem: Nooit weer

  1. ronelle says:

    Jy kan weer
    Want die siek tier
    Is meer as net ‘n dier
    Sy’t ‘n lewe vol vuur
    Lus vir avontuur
    Kyk nou hoe lyk sy-vol en heel
    Nou wag almal om haar hart te steel
    Haar lewe was eers swart maar nou goudgeel
    Kom nou! Hou haar net styf vas en gee haar hart ‘n streel…
    Ek weet jy wil jou liefde met haar deel
    Maar die tier
    Bly ‘n dier
    Totdat sy ophou haar lewe versuur
    En om hart bou ‘n muur

    Like

Come on, talk to me- what did you think?